top of page

Individuele Terapie

Terapie word saamgestel vanuit ‘n verskeidenheid terapeutiese beginsels en tegnieke ten einde in die individu se emosionele behoeftes te voorsien. Individuele terapie met kinders, tieners, volwassenes en bejaardes het ten doel om die volgende probleme aan te spreek:

  • Trauma

  • Emosionele probleme by volwassenes as gevolge van traumatiese gebeure in hul kinderjare

  • Seksuele misbruik

  • Depressie

  • Angs

  • Rousmart en verlies

  • Verhoudingsprobleme

  • Egskeiding

  • Krisis-intervensie 

  • Werksverwante spanning en probleme

  • Selfbeeld  

 

​

Spelterapie

Spelterapie word gebruik en aangewend om kinders (deur middel van spel) te help om moeilike , stresvolle of traumatiese gebeure in hul lewens te verwerk en aan te spreek. Dit word verder gebruik om gedragsverandering by die kind te bewerkstellig en lewensvaardighede aan te leer. Situasies en omstandighede wat onder andere tydens spelterapie aangespreek kan word:

  • Trauma

  • Seksuele misbruik

  • Egskeiding

  • Dood en verlies

  • Verhuising en/of emmigrasie

  • Aanpassing by skool

  • Angs

  • Depressie

  • ADHD / ADD

  • Gedragsprobleme

  • Veranderinge binne die gesin

  • Slagoffers van boelies

  • Self-besering

  • Enurese en enkoprese

  • Emosionele probleme

 

Karmiya Terapeutiese Dienste gaan van die veronderstelling uit dat terapie met kinders doelgerig moet wees. Daarom word daar ‘n holistiese emosionele assessering gedoen, alvorens terapeutiese doelwitte bepaal word. Tydens die Kliniese Assessering word die volgende aspekte geassesseer / geevalueer: Gesinsverhoudinge, uitgebreide gesinsverhoudinge, verhoudinge by skool met personeel en omgewing, portuurgroepverhoudinge, die aanwesigheid van trauma, emosionele probleme, selfbeeld, temperament en persoonlikheid. Die Assessering bestaan uit verskeie gestruktureerde tegnieke wat daarop fokus om die kind op bewuste, sowel as onbewuste vlak te assesseer. Karmiya Terapiesentrum beskik oor ‘n toegeruste speelkamer en sandterapie-area wat suksesvol aangewend word tydens terapie met kinders.

​

​

Terapie met Adolessente

Tieners en adolessente verkeer onder geweldige druk, veral na afloop van die Covidpandemie. Sosiale media plaas ekstra en onnatuurlike druk op tieners om te presteer en by gewilde sosiale kringe in te pas. Wanneer hulle nie daarin slaag nie, lei dit tot angs, depressie, self-besering, lae selfbeeld ens. Karmiya Terapiesentrum beskik oor ‘n informele vertrek wat ingerig is vir terapie met tieners. Situasies en omstandighede wat tydens terapie met tieners aangespreek word, is onder andere:

  • Groepsdruk

  • Emosionele probleme

  • Depressie

  • Angs

  • Selfbeeld

  • Lewensvaardighede

  • Verlies en dood

  • ADD / ADHD

  • Self-beserings

  • Aanpassing binne skool en gesin

  • Verhoudingsprobleme

  • Egskeiding

  • Seksualiteit

 

 

Gesinsterapie

Gesinsterapie fokus op die verhoudinge binne gesinsverband en het ten doel om balans binne die gesinsisteem te herstel. Dit fokus onder andere op effektiewe kommunikasie, probleemoplossingsvaardighede, konflikhantering, rolle en grense binne die gesin.​

​

​

Ouerleidingsterapie

Tydens ouerleiding word hulp en leiding aan ouers gebied ten einde hulle instaat te stel om effektiewe dissipline toe te pas, grense te stel, begrip te hê vir hul kind se emosionele ontwikkeling en in hul kind se emosionele behoeftes te voorsien. Verskillende ouerskapstyle word bespreek en ouers kry ook leiding in die hantering van spesifieke probleme. Aandag word ook gegee aan ouers se emosionele behoeftes en selfsorg.

​

​

Huweliksberading / Verhoudingsterapie

Verhoudingsterapie / huweliksberaad word gebruik om spesifieke probleme in die verhouding / huwelik te identifiseer en aan te spreek. Verder word daar ook gefokus op persoonlikheidsverskille, emosionele uitdagings binne die verhouding en verryking van die verhouding.

​

Ek het omvattende programme vir veelvuldige instansies ontwikkel. Programme sluit in:

  • Rousmart-terapie binne groepverband (vir beraders)

  • Buddy-Program vir skole (teen-boelie program)

  • Ouerleidingprogram vir gebruik deur terapeute en instansies

  • Gedragsveranderingsprogram vir kinders met gedragsprobleme

  • Terapeutiese program vir seksueel misbruikte kinders

  • Loopbaanvoorligting – ontwikkeling en ontdekking van hulpbronne

 

Indien u instansie ‘n program benodig wat ‘n spesifieke probleem of situasie moet aanspreek, kontak my gerus.

Ek bied op gereelde basis opleiding en werkswinkels aan vir klein groepe. Werkswinkels en opleiding sluit onder andere in:

  • Die effek van seksuele misbruik op kinders en praktiese maniere om dit aan te spreek – vir jeugwerkers, terapeute, pleegouers, kinderhuisouers ens.

  • Aggressie-hantering en uitreagerende gedrag by kinders en tieners – vir jeugwerkers, terapeute, onderwysers, pleegouers ens.

  • Depressie – ‘n Werkswinkel vir tieners

  • Lewensvaardighede vir kinders – ‘n Werkswinkel vir laerskoolkinders

  • Die Kleipot – ‘n Werkswinkel vir vroue wat verlies en trauma moet verwerk

  • Rubberballe en Kristal . . . ‘n Motiveringswerkswinkel vir onderwysers

 

Indien u instansie opleiding benodig in ‘n spesifieke area van dienslewering, kontak my gerus.

Kontak ons gerus oor ons werkswinkels wat ons al ontwikkel het.

Kontak ons gerus oor ons Evaluasies. 

Geïnspireer deur Katrienkie / Inspired by Katrienkie
  • Facebook
  • LinkedIn
  • Youtube

© 2024 

SACSSP:  10-19667
bottom of page