top of page

Als omtrent

Cornè Badenhorst Els

Gedurende my adolessente jare het ek in ‘n klein dorpie genaam Vryheid gewoon. Daarna het ek ‘n Baccalaureus Artium graad in Maatskaplike werk aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf. Ek is amptelik by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe geregistreer. In die laaste 25 jaar het ek talle kursusse en werkswinkels voltooi en uitgebreide kennis en kundigheid in 'n verskeidenheid dissiplines opgedoen. Ek is ‘n gepubliseerde skrywer en die skepper van verskeie boeke. Ek tree op gereelde basis op as motiveringsspreker met die verhoognaam en skrywersnaam ‘Katrienkie’. Jy kan skakels en verdere inligting hieromtrent in die ‘winkel’-afdeling van hierdie blad kry. Ek is ‘n kreatiewe, passievolle mens wat vreugde daarin vind om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak.

384490623_3542790242633937_7330148342945018704_n_edited.jpg
Ondervinding & Kwalifikasies

Ek het kennis en kundigheid in 'n verskeidenheid dissiplines, onder andere:

  • Gevallewerk

  • Groepwerk

  • Gemeenskapswerk en gemeenskapsontwikkeling

  • Spelterapie

  • Berading

  • Rousmart terapie en verlieshantering

  • Trauma ontlonting en traumaberading

  • Berading vir alkohol en dwelmmisbruik

  • Lewensvaardighede

  • Emosionele assessering (RP-Model)

  • Assessering en berading vir seksuele misbruik

  • Avontuur-gebasseerde terapie

  • Terapie vir gedragsveranderig

  • Statutêre dienste

  • Kinderhofondersoeke

  • Konsessies

  • Program-ontwikkeling

 

Ek het die volgende bykomende kursusse en werkswinkels voltooi:

  • Die Getraumatiseerde Kind (Dr A. Herbst)

  • Assessering en behandeling van seksuele misbruik by kinders (RC Carstens & A Fouche)

  • Assessering en behandeling van kinders met seksuele gedragsprobleme (RC Carstens & A Fouche)

  • RP Model: Kliniese Kinderassessering (Dr René Potgieter)

  • Die Gedragsmoeilike kind (Dr Elize Groenewaldt)

  • Adventure Kidz – Avontuur-gebasseerde terapie (dr Roelf Reynecke)

  • No Apologies – Lewensvaardigheidsprogram (Focus on the Family)

  • Loopbaanvoorligting (Dr Eica Hitge)

  • Help kinders egskeiding hanteer (Elmari Botha)

  • Behaviour Intervention Plans (Nomsa Mbuli)

  • Chemiese Afhanklikheid (M Van Dyk & S Froneman)

  • ADD / ADHD

  • Spesiale konsessies (Dr B Maritz)

  • Sterkte-Perspektief, ‘n terapeutiese benadering (UOVS)

  • Lewensbegeleiding Werkswinkel (A Struwig)

  • Die Vele Gesigte van Hartseer (PsyCaD)

  • ADHD, Bipolar Mood disorder and ODD in South African Children (Verskeie sprekers)

  • Terapeutiese tegnieke vir adolessente (Verskeie sprekers)

  • Konsessie-opleiding (A Nel)

  • Visuele gestremdheid – ‘n hindernis tot leer (D Delport)

  • Die Vyf Liefdestale van Kinders – ‘n toepassing vir die klaskamer (C Baillie)

  • Binding en Gedragsprobleme

  • Children-online (seksuele opvoeding) – Dept van Onderwys

  • Boeliegedrag in Skole (Dept van Onderwys)

Geïnspireer deur Katrienkie / Inspired by Katrienkie
  • Facebook
  • LinkedIn
  • Youtube

© 2024 

SACSSP:  10-19667
bottom of page