
SKAKEL OOR NA ENGELS
Die naam Karmiya beteken ‘God is my bron van Wysheid en Krag’. Karmiya Terapeutiese dienste bied ‘n omvattende reeks terapeutiese en bykomstige dienste vir kinders, tieners, adolessente, volwassenes en bejaardes. Areas van berading sluit in:
​
-
Spelterapie
-
Krisis-intervensie
-
Trauma ontlonting en berading
-
Rousmart en verlies
-
Angs
-
Depressie
-
Verhoudingsprobleme
-
Werksverwante spanning en probleme
-
Selfverryking, en vele meer.
Tydens spelterapie word daar gebruik gemaak van die RP Model vir Kinderassessering ten einde holistiese probleemstelling te doen en terapeutiese doelwitte te bepaal. Daar word verder tydens hulpverlening onder andere gebruik gemaak van Gestaltterapeutiese beginsels, Kognitiewe Gedragsveranderings terapie en Psigodinamiese terapie. Indien dit nie vir die kliënt moontlik is om ‘n terapie-sessie in persoon by te woon nie, word voorsiening gemaak vir aanlyn-terapie.
​
​
Konsultasiefooie:
-
Spelterapie (45 minute) @ R300 per sessie
-
Adolessente en Volwasse terapie (50 – 60 minute) @ R350 per sessie
-
Kliniese Kinderassessering (120 minute) @ R650 per assessering
-
Kliniese Kinderassesseringsverslag @ R1200 per verslag (nie vir hofdoeleindes nie)
-
Groepterapie (50 – 60 minute) @ R350 per groepsessie
-
Aanlyn-terapie (50 – 60 minute) @ R350 per sessie
​
Die praktyk is ingekontrakteer by meeste van die mediese fondse.
Kontak ons gerus vir navrae in hierdie verband.

Als oor
Corne Badenhorst Els
Gedurende my adolessente jare het ek in ‘n klein dorpie genaam Vryheid gewoon. Daarna het ek ‘n Baccalaureus Artium graad in Maatskaplike werk aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf. Ek is amptelik by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe geregistreer. In die laaste 25 jaar het ek talle kursusse en werkswinkels voltooi en uitgebreide kennis en kundigheid in 'n verskeidenheid dissiplines opgedoen. Ek is ‘n gepubliseerde skrywer en die skepper van verskeie boeke. Ek tree op gereelde basis op as motiveringsspreker met die verhoognaam en skrywersnaam ‘Katrienkie’. Jy kan skakels en verdere inligting hieromtrent in die ‘winkel’-afdeling van hierdie blad kry. Ek is ‘n kreatiewe, passievolle mens wat vreugde daarin vind om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak.

01.
Dit is 'n tipe behandeling wat daarop gefokus is om probleme aan te spreek wat óf geestelik óf emosioneel van aard is. Talle vorme van behandeling is beskikbaar om van te kies.
02.
Wanneer programme ontwikkel word, is dit noodsaaklik om nie net aan die vereistes van die mense van vandag te voldoen nie, maar ook aan die komende generasies.
03.
Deur jouself toe te laat om sleutelareas van selfverryking en selfverwesenliking te verken, is jy meer geneig om emosionele vervulling in jou persoonlike lewe te ervaar.
04.
Werkswinkels is 'n uitstekende manier om individue te bemagtig om hul kennis uit te brei en hul persoonlike ontwikkeling te bevorder. Dit bied 'n veilige omgewing vir die uitruil van idees en die kweek van betekenisvolle verhoudings.

Ouerleiding
Bied ouerleidingsessies aan ouers, met praktiese aktiwiteite wat tuis toegepas kan word.

Tiener Berading
Maak gebruik van gestalt-terapeutiese beginsels, kognitiewe gedragsveranderings terapie en psigodinamiese terapie om die volgende by tieners aan te spreek: depressie, angs, selfbeeld, sosiale ontwikkeling en aanpassing, identiteitsvorming, emosionele probleme en trauma.

Volwasse Terapie
Maak gebruik van gestalt-terapeutiese beginsels, kognitiewe gedragsveranderings terapie en psigodinamiese terapie om die volgende by volwassenes aan te spreek: trauma uit kinderjare, trauma, emosionele probleme, depressie, angs, rousmart en verlies, gesinsgeweld, egskeiding, verhousingsprobleme, selfbeeld probleme, verslawing, ens.

Gesinsterapie
Maak gebruik van groepsterapie en individuele terapie om die balans binne die gesinssisteem te herstel. Bemagtig individual gesinslede om as geheel te funksioneer, konflik op gesonde wyses op te los, duidelik te kommunikeer en gesonde gesinsverhoudinge te handhaaf.